Selfuitgee van e-boeke ’n krisis vir uitgewersbedryf? | Nuus24

https://selfpubliseer.wordpress.com/word-n-skrywer-van-hierdie-blog/   Die uitgewersbedryf is in ‘n krisis – is e-boeke en selfuitgee dalk die rede daarvoor? James Patterson se onlangse advertensie in die New York Times Book Review waarsku dat vele klassieke werke nie die lig sou gesien het nie, sonder die rol wat uitgewers gespeel het nie. Hy vra “Who will save our books? Our bookstores? Our libraries?” Volgens Futurebook.net is tradisionele uitgewers van mening dat dit immoreel is van skrywers om self hul boeke uit te gee en die uitgewer sodoende te systap. Uitgewers is van mening dat hulle die monopolie moet hê op die publikasie van boeke, want hulle ontwikkel brose nuwe talent en help arm nuwe skrywers oorleef. Sou aspirant skrywers ooit die mark betree het as dit nie was vir die ondersteuning en mentorskap van uitgewers nie? Die uitgewersbedryf het tradisioneel volgens 80/20 persent reël gefunksioneer. Die winsgewende 20% boeke subsidieer die 80% niewinsgewende boeke. Suksesvolle skrywers wat hul eie e-boeke publiseer, is volgens uitgewers immoreel want nou subsidieer hulle nie meer die niewinsgewende nuwe skrywers nie. Daar is waarheid in die argument in die ideale wêreld, maar uitgewers is besighede en die winsoogmerk is tog van kardinale belang. Skrywers ondervind dat uitgewers al meer van die skrywer verwag soos om verantwoordelikheid te aanvaar vir die taalkundige versorging van die boek en bemarking, maar dat die persentasie van wins wat die skrywer ontvang al hoe kleiner word. Die e-boek mark in Europa en die VSA is uiters winsgewend. Bloomsbury het bekend gemaak dat hul wins op e-boeke in 2012 verhoog het met 61% tot £9.1 miljoen. Futurebook.net vra die vraag oor hoeveel van die geraporteerde wins gebruik is om nuwe belowende skrywers finansiëel te ondersteun. In die VSA raak die uitgewersbedryf al meer senuagtig oor die selfuitgee e-boek-bedryf. Sekere syfers dui daarop dat tot 30% van die e-boekmark reeds verteenwoordig word deur selfpubliseer eBoeke. Tradisionele uitgewers glo dat elke selfpubliseer e-boek-skrywer ‘n diepgewortelde behoefte het om deur ‘n hoofstroom uitgewer gepubliseer te word. Die stereotipe van ‘n verstrooide skrywer wat nie belas wil word met die besigheid aspekte van ‘n boek nie en hunker na die erkenning van hul talent deur ‘n uitgewer is vinnig besig om soos mis voor die son te verdwyn. Die moderne skrywer is ‘n entrepreneur en word ondersteun deur ondernemings soos myAfrikaans.com wat spesialiseer om aan die behoeftes van selfpublikasie e-boek-skrywers te voldoen. Selfuitgee van eBoeke word al meer ‘n mode-neiging en ‘n aanduiding van kreatiewe status van die skrywer. Die vraag is wie van die hoofstroom Afrikaanse skrywers elite soos André P Brink of Deon Meyer hul fortuin eerste gaan beproef in die selfuitgeemark. via Selfuitgee van e-boeke ’n krisis vir uitgewersbedryf? | Nuus24.

Advertisements

About André Beukes

André Beukes is an EU Management Consultant to international companies doing business in Europe. He provides clients with practical business support that makes a real difference doing business in the EU. “Put simply, I am here to help you meet your challenges. I believe in the importance of doing things correctly, meaning risks are reduced and problems are avoided.”

2 thoughts on “Selfuitgee van e-boeke ’n krisis vir uitgewersbedryf? | Nuus24

  1. Ek het geen simpatie met ‘n uitgewer wat deure moet sluit nie. Ons het vele genader om ons boek uit te gee en almal se advies was “doen dit self”. Ek was verstom dat hulle jou kan aanraai om hul werk te doen. Nie een het enige entoesiasme vir sy/haar eie werk getoon nie.

    Liked by 1 person

  2. Die groot rede hoekom die e-boeke en selfuitgee werk, is omdat die uitgewers verskriklik afknouerig geraak het. Mense word gedwing om te skryf soos hulle vertel word, en nie soos hulle kreatiwiteit hulle dryf nie.
    Terwyl ek geheel en al sleg voel dat die toestand van biblioteke en ander boek winkels in gedrang is – dink ek dat uitgewers kan gerus hulle mark beter navors en voorsorg tref vir individuele.
    Deesdae gaan dit oor tegniek, nie oor storie vertel of talent nie – uitgewers is nie bereid om ‘standaarde’ aan te pas nie, en dus – moet skrywers die pen in hulle eie hand neem.
    Dit is tyd dat uitgewers weer in aanraking kom met die realiteid van die eeu en onthou hulle werk nog met mense, nie met nommers nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s