Tussen jou lyne

My hande speel oor jou onbekende lyne.
Soveel vir hulle om te ontdek. Onbewus waarheen hierdie nuwe pad my sal vat. Langs watter waterval sal ons lag ego oor die water?
Hoeveel memories sal ons bymekaar kan maak ?
Vir nou sal ek nie dink aan die dag wat ons paaie weer sal skei. Vir nou sal ek net die plooi’tjies om jou mondhoeke bewonder. Vir nou sal ek jou sagte vel tussen my vingers onthou.
My gedagtes is leeg sodat ek alles van jou daarin kan wegsteek. Wanneer die nagte leeg en koud is kan ek weer tussen jou lyne gaan speel. Wanneer dit donker om my is, sal jou warm oë ‘n lig vir my laat skyn.
Wanneer die woestyn winde elke ander klank verdoof, sal jou stem tot in my siel weerklink. Jy is iets vanaf die maan vir my gestuur.
Jou nabyheid steek ‘n nuwe vuur in my wese aan.
Jy vul die leemtes in my eensame dae. Ek is bang om my oë oop te maak. Môre het jy dalk weer aan beweeg.
Jy is my man in die maan.

Advertisements

2 thoughts on “Tussen jou lyne

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s