Dis die jaar 2030. Ek word wakker met ‘n ruk. Wat het my wakker gemaak? Daar hoor ek dit weer… Dis ‘n sirene wat afgaan… Die gebou om my begin weer skud. Is dit ‘n aardbewing? Dit kan nie oorlog wees nie, hoop nie so nie. Ek kyk om my rond. Ek het maar so ‘n paar maande gelede na hierdie planeet verhuis. Saam met my man en baba-seun. Ons moes kies… bly op die planeet Aarde en word vernietig, of begin ‘n nuwe lewe op Sarsus, ‘n planeet in die Orr sterrestelsel, sowat vyf ligjare verwyder van die Aarde af. Dinge het begin uitmekaarval op Aarde. Die mense het oorlog teen mekaar gemaak, mekaar sonder om oog te knip doodgeskiet as jy net verdag lýk.

Hulle het net verkose gesinne die keuse gegee. Dié wat hulle na vele toetse en navrae uitgevind het die beste sal wees om met ‘n nuwe kolonie op Sarsus te begin. Dit sal ons verantwoordellikheid wees om die nuwe planeet te bewoon en te bewerk en te ontgin. Almal wat gekies is, het ‘n spesifieke doel… jy is gekies op jou vrugbaarheid, jou professie, jou gekose leefspan, jou deursettingsvermoë.Ek is gekies omdat ek reeds ‘n baba het, ek is ook ‘n binneshuisversierder, en ek is kreatief. My man weer is gekies omdat ons reeds ‘n paartjie is en omdat hy die hoof van ‘n sekuriteitsbesigheid was op Aarde, maar sy kennis sal help op Sarsus. Hy is gedetimineerd, streng, en laat hom nie omkoop of van plan wysig tensy dit as ‘n beter uitweg gebruik kan word nie. Diė wat onder hom gaan wees, gaan hom bystaan met die inligting en tegnologie van gevorderde sekuriteit, iets wat dringend nodig is op Sarsus omdat dit so eenders soos Aarde is, met die verskil dat dit reeds bewoon word deur inboorlinge van die planeet.
Lees verder http://afrifiksie.com/die-oorname-anke-norris/

Nuus – 2015 UJ -Pryse beskikbaar as eBoeke

Tuis » Nuus » 2015 UJ -Pryse beskikbaar as eBoeke

2015 UJ -Pryse beskikbaar as eBoeke

14 Apr 2015

Willem Anker is pas aangewys as die wenner van die 2015 UJ-Prys vir sy grensroman, Buys, en Stephanus Muller wen die 2015 UJ-debuutprys vir Nagmusiek.

Anker, wie se jongste roman die resultaat is van die Jan Rabie Marjorie Wallace-skryfbeurs wat hy in 2012 ontvang het, is al voorheen deur die Universiteit van Johannesburg bekroon vir sy debuutroman,Siegfried. Hy het hierdie prys in 2009 ontvang. Buys is die verhaal van Coenraad de Buys – die gevaarlikste man in die Kolonie. ‘n Droster. ‘n Legende.

Muller se nou bekroonde debuut is ‘n unieke bydrae tot die literêre kanon – deels Engels, deels Afrikaans en deels fiksie, deels biografie. Dit is ‘n akademiese werk oor die lewe van die Afrikaanse komponis Arnold van Wyk waarin die skrywer/biograaf se eie wese verstrengel raak met sy onderwerp. Dit stel ondersoek in na die komplekse verhouding tussen feit en fiksie.

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van genres heen, toegeken. Die pryse is die UJ-debuutprys vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans (met ’n prysgeld van R30 000) en die UJ-prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans (met ’n prysgeld van R75 000).

Titels wat in aanmerking vir die UJ-pryse kom is Afrikaanse kreatiewe tekste gepubliseer in die voorafgaande kalenderjaar. Vir die 2015 UJ-pryse is altesaam 56 titels is ingeskryf, waaronder 18 debute.

Die keurpaneel verteenwoordig lesers in Afrikaans betrokke by akademiese instellings en die media.*

Dit is ’n groot voorreg en ’n groter plesier vir die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg om hiermee graag die wenners van die 2015 UJ-pryse bekend te maak. Uiteraard ons gelukwense van harte en met groot erkenning en dank aan die twee skrywers wat bekroon word, maar ook so aan die skrywers wie se werk uitgesonder is deur die kortlyste.

via Nuus – 2015 UJ -Pryse beskikbaar as eBoeke.

What Font and Font Size Should I Use for My eBook? – BookBaby Blog

ebook

Regardless of the font you choose for your eBook manuscript, once the file is converted to ePUB format, the CUSTOMER will decide which font they want to read your book in. This fact is sometimes frustrating for book designers/typesetters, but it’s great for the end-user– and you!

To ensure maximum readability (across multiple devices, screen sizes, etc.), you will want to eliminate anything in your manuscript that might unnecessarily complicate the eBook conversion process. When it comes to fonts, we recommend that you use only ONE font in your book, and that it be a standard one: Ariel, Times New Roman, or Courier.

Fancy fonts (especially fancy serif fonts) might look great, but oftentimes they are converted into strange characters and symbols. Your eBook could look like a garbled mess. If you’re a font snob, look at it this way: by sticking to a safe, boring font– you’ll ensure that nothing gets lost in translation (or conversion). You don’t want to risk the language itself for the sake of typography.

If you want to include other elements like bold, italic, or underlining, please use the format font menu or the buttons on the tool bar. If you need to use characters that aren’t on the keyboard, be sure to choose them from the menu with the same name as your font– not wingdings, symbols, or special characters.

Like the font itself, the font size will be customizable by the reader. The conversion process will go smoothly if you avoid very large or very small font sizes. We recommend 12pt font size for body text and 14-18pt for chapter titles.

In a world where a text can be discovered, accessed, and customized to reader preference on multiple devices (computers, phones, eReaders, tablets, etc.), maximum readability benefits the author as much as the consumer. Hopefully these font tips will help you avoid any conversion gremlins along the way.

via What Font and Font Size Should I Use for My eBook? – BookBaby Blog.

SelfPub South Africa

The January 2015 report on author earnings is enough to make most authors sit up and pay attention to the Amazon publishing machine. Headlines like 33% of eBook sales from Amazon.com are indie (self-published) authors or 40% of all dollars earned by authors on eBook sales from Amazon.com are earned by Indie authors all highlight the gradual shift away from the pure traditional publishing paradigm and highlight the success that can be achieved by authors not afraid of learning or experimenting with self-publishing.

http://www.myebook.co.za/south-african-authors-should-we-give-a-damn-about-self-publishing-on-amazon-com

Teenage Artist’s Self-Published Graphic Novel Gets Big Time Blurbs

By Evan Phail | Mar 17, 2015

In what would be an impressive debut for any new author, young cartoonist Christine Mari Inzer’s first published graphic novel sports blurbs from comics stars Jeff Smith (Bone), Lucy Knisley (Relish), and manga expert Frederick L. Schodt (Manga! Manga!). What’s even more impressive is that Inzer is a 17-year-old high school senior and her book, Halfway Home: Drawing My Way Through Japan, was self-published last fall.

http://www.publishersweekly.com/pw/by-topic/industry-news/comics/article/65896-young-artist-s-first-graphic-novel-gets-big-time-blurbs.html#path/pw/by-topic/industry-news/comics/article/65896-young-artist-s-first-graphic-novel-gets-big-time-blurbs.html

Why writing is so hard

OK so—while I’m truly grateful for any and all interest in my book—I’m not sure I even know how to answer the question of how autobiographical it is. 53% in this story? 26% in that one? Kinda? Very? The book is a fiction regardless of what details I’ve taken from “real life.” I’ve selected things to include, which means I’ve also selected things not to include—it’s not the whole truth but a distortion of it, a deliberate misrepresentation to suit the needs of the story. And that’s not even taking into account all the stuff I made up.

That said, I can’t and won’t deny that parts of it are deeply personal, that it was emotionally expensive for me to write. I also cannot deny that when people call the book’s narrator, Alby, “despicable,” or “a raging idiot loser,” or “totally unlikeable,” or “a turd” (and I could go on but why bother) I feel a tinge of defensiveness shoot through me, and it’s sometimes difficult to separate which vulnerable character that tinge of defensiveness is for: Alby or myself. There are certainly things we share, most especially a heightened sensitivity. Like halogens—those light-em-ups of the periodic table—we’re both highly reactive. (Unlike halogens, no one calls us noble.) But with the idea that bad choices make for good stories, I’ve given Alby license to follow those baser impulses and do and say things I never did or would.
http://www.publishersweekly.com/pw/by-topic/industry-news/tip-sheet/article/65849-why-writing-is-so-hard.html#path/pw/by-topic/industry-news/tip-sheet/article/65849-why-writing-is-so-hard.html

http://myafrikaans.com/wolf-wolf.html

Wolf Wolf
EBEN VENTER

Eben Venter’s Wolf Wolf is a wild ride of hope and resentment, translated from the Afrikaans by Michiel Heyns, himself a contributor to the fantastic blossoming of post-apartheid South African literature.

It is centred around the love-hate relationship of Matteus, a gay man, and his bitterly disappointed Pa, an old-style, quintessentially male patriarch who has cancer. The two are locked together during Pa’s dying days in a grand house behind Cape Town’s high walls, roiling around in a claustrophobic mix of compassion and anger, pity and resentment, in a city full of foreboding.

Anyone who has cared for an ageing parent will recognise aspects of the scenario. The devoted Matteus is repelled, too. It’s intimate. He can smell the disease emanating from the infantilised old man on whom he is financially dependent. It is the smell of “a body cooling down permanently”.

http://www.smh.com.au/entertainment/books/eben-venter-review-wolf-wolf-offers-stark-view-of-new-south-africa-20150306-13vx4j.html

Uit

Uit deur Fanie Viljoen. Uitgewer: Lapa. Prys: R130. Resensent: Lona Gericke

http://www.netwerk24.com/vermaak/2015-03-15-onopgesmukte-tienerverhaal

Brent is in gr. 10. Sy vriende is Kevin, Vince en De Waal. Almal behalwe Vince speel rugby.

Kevin, die leier van die groep, spog gedurig oor al sy gelukkies met die meisies.

Aanvanklik ervaar die leser ’n normale skoolsituasie met tienerseuns wat gesels oor meisies en rugby. Maar gou word dit duidelik dat Brent “anders” is. Hy vertel dat hy maar min ervaring het met meisies; hy praat van sy vrees vir meisies. Wanneer Nita in hom begin belang stel en hy na haar partytjie genooi word, kry hy die geleentheid om haar te soen. “Maar iets is verkeerd.” Hierna volg ’n ander opmerking dat daar iets is waaroor sy pa nie so trots sal wees as hy uitvind nie.

Dan noem hy verder dat die ding al lankal aan hom krap. Hy het gedink hy kan dit onderdruk, “maar dit is soos hierdie onverstaanbare ding wat elke keer in my kop opkom”.

Wanneer hulle teen Redhill rugby speel, sien hy vir ’n oomblik die aantreklike ou wat vir hom glimlag. Dit ruk aan sy binnekant; sy beeld bly hom by.

Met ’n volgende wedstryd verloor Brent ’n drie toe hy uittrap. Die Redhill-ou kom hom troos en Kevin sien dit. Só word hy en Kevin se speletjie van altyd grapsgewys dreig – “ek en jy agter die gym” – ’n werklikheid. Brent se geheim word openbaar. Hy het nou eintlik “uitgekom”. Dit is ’n risiko – almal kan hom verstoot – maar nou hoef hy nie meer vir homself te jok nie. En heel moontlik sal sy gesin hom nie verstoot nie. Of sal hulle?

Fanie Viljoen skryf hier ’n eerlike, onopgesmukte verhaal waarin die worsteling van ’n tienerseun met sy emosies en behoeftes oortuigend uitgebeeld word. Daar word nie doekies omgedraai nie – Brent verteenwoordig elke seun of dogter wat aanvaarding soek vir wie hulle is.

Nuus – Uittreksel uit Die Oshikuku Insident

http://myafrikaans.com/die-oshikuku-insident.html

Die plakkaat hang skeef teen ’n lamppaal voor die hofgebou.

Hein stap agter Helga teen die trappe op en kyk na die swart en wit foto van sy pa. Onder sy gesig het iemand ‘n stokkieslyf met ‘n viltpen ingeteken. Bloed drup van sy vingerpunte af. ‘n Hitler snor pryk op sy bolip.

Hy en Helga het nie kans gekry om te praat sedert sy gister saam met sy ouers en André opgevlieg het nie. Hy het gehoor Botha is steeds soek. Die polisie reken hy kan landuit wees. Hein het haar e-pos uit sy kop gesit. Daar is nie meer tyd om weer deur die hele proses te worstel. Sy keuse is gemaak. Dis te laat vir omdraai.

Polisiemanne met oproerhelms en lang knuppels beman die spasie tussen die twee groepe oproerige ondersteuners. Vier mense hou ’n rooi banier vas met die woorde.

‘Shoot the Racist Bastard’

Die skare aan weerskante van die lemmetjiesdraad strek tot verby die volgende straatblok. Kaptein Smit se vyande beskou sy versuim om homself te verdedig as ’n skulderkenning en hulle soek wraak. In die oë van sy ondersteuners is hy ’n martelaar, uitgelewer aan die genade van dieselfde regstelsel wat toegelaat het dat Shabir Shaik sy tronkstraf op die gholfbaan deurbring.

In die dagblaaie is wild bespiegel oor die motief agter die besluit. Een joernalis glo die bewerings is so verregaande en ongegrond, dat ‘n verweer oorbodig is. Ander soek die antwoord in Steve Smit se karakter. Hier is ’n man wat nie bereid is om die skuld op ander te pak om sy eie bas te red nie. ’n Les vir ons almal in hierdie tye waarin mense nie meer die morele moed het om verantwoordelikheid vir hulle dade te aanvaar nie.

via Nuus – Uittreksel uit Die Oshikuku Insident.