Droom

 

Elke dag van die jaar
droom ek elke aand van haar
sonder dat ek weet of sy
ook elke aand droom van my

Dus ek vra haar liefling
stuur jou sagte kussing
van jou grote bed
waarop jy vanaand gedroom het

Dan kan ek sien of jy
vanaand gedroom het van my
want droom sy van my en ek van haar
dan is ons vir ewig bymekaar

Advertisements

Net vir julle

Met pêrels en juwele
uit julle Afrikaanse woordeskat
maak ek ‘n stewige brug
met hier agter ‘n kronkelpad

Van Holland deur België
na Suid-Afrika en terug
bou ek net vir julle
hierdie grote stewige brug

Van ‘n paar sinne
met woorde van my
waar die lang kronkelpad
Julle na gedigte lei

Een eenvoudig gedig
deur myself vir julle geskrewe
oor die mooiste herinneringe
uit my hele lewe

Die stories van die oseaan

My naam is Korneel
Korneel van Sloot
ek is ‘n skipper
van ‘n kleine boot

Ek is dikwels
ver van huis
so word die see
my nuwe tuis

Ek ken elke storie
van die silwer maan
en elke ster
wat bo my staan

Want ‘n meeu ‘n voël
sterk en groot
ek voer hom
stukkies van my brood

Of ek gee hom
kleine ressies vis
sodat die meeu
wat my hiervoor dankbaar is

My die stories vertel
van die oseaan
en die maan en elke ster
wat bo my staan

My lewe

In my hele lewe
hierin gebeur so ongelooflik veel
dis soos ‘n dik boek
waarin ek die hoofrol speel

En as ek my oë sluit
dan sal ek saggies sweef
deur die baie jare
van die lewe wat ek leef

Dan geniet ek elke moment
van elke nuwe hoofstuk
deur myself volgeskrewe
met fantasie en geluk

Dan vergeet ek vir ‘n oomblik
dat my lewe partykeer
ook soos ‘n bose droom kan wees
wat gevul is met hartseer

Die magie van ‘n geskrewe brief

Wie sal ooit die magie
van ‘n geskrewe brief begryp
in hierdie digitale wêreld
waarin ons e-pos, gesels of skype?

Want ‘n geskrewe brief
amper seldsaam in sy soort
sorg dat ‘n volwasse vrou
vir ‘n rukkie ‘n meisie word

Omdat behalwe haar informasie
elke geskrewe brief
verander word in ‘n kunskreasie

Wat deur haarself vol geteken
is met blommetjies, skoenlappers en hartjies
waardeur haar brief soveel meer beteken

Hulpkreet van ‘n goudvis

‘n goudvis in sy glasbak
wat deur ‘n meisie van tien
saamgebring is na die see
sodat hy dit kan sien

terwyl die meisie
vrolik speel en lag
op die grote strand
op hierdie warme dag

en geniet van elke skulp
skreeu hy in sy glasbak
onhoorbaar om hulp

want in die sand naby die oseaan
is sy vryheid so naby
maar tog so ver van hom vandaan