Krake in my siel

​Jou woorde streel oor die krake in my siel,

jou stem spons my moeë liggaam af.

Te moeg om op te kyk,

te stukkend om te sien hoe ek lyk.

Maar jou woorde dra my,

jou hand se aanraking

is my enigste rede om te voel.

Jou warmte kronkel deur my ysland,

stroompies van soet oomblikke,

breek plek-plek deur die kors.

Die lig in jou glimlag bring weer ‘n reënboog,

van vrolike kleure wat die donker minder maak.

Tussen die roggel van my eie kraakende stem,

vind ek weer ‘n rede om in ‘n nuwe toon te praat.

Dalk is daar tog nog hoop vir my.

Net dalk is daar tog ‘n rede om aan jou vas te klou.

Jy gee nie om oor my verlede.

Jy sien nie die vlekke op my klere.

Vir jou is ek die mens wat jy kan dra.

Deur jou oë sien ek weer die mens wie ek was.

Los my nie hier op die verlate plek,

maar neem my saam om by jou aan te sterk.

Verbind my wonde, deur ander oop gekrap.

Maak ‘n vuur met my verbrande as.

Laat my voetval in ‘n slowdance op joune rus,

om so weer, in ritme, my eie deuntjie fluit.

Gooi my tog nie weer vir die wolwe,

maar omvou my in woorde wat die stilte breek.

Glimlag jou stralekrans in my donker put,

tot siel en liggaam weer vereenig is.

Advertisements

Magneet

Ek wens ek het ‘n magneet gehad,
een wat jou stadig tot by my kan trek. Ek mis jou grappies
en die manier waarop jou neusie kreukel
Ek mis die klank van jou stem
wat soveel wysheid dra.
Wanneer die son in die oggend opkom, kan ek aan soveel kere dink wat jy my ‘n rede gegee het om op te staan.
Wanneer ek kyk na die maan se helder gloed,
dan onthou ek weer al die kattekwaad wat ons kon aanvang.
Maar al wat ek het is woorde.
Woorde wat ek kan onthou van jou.
Sagte woorde om jou te beskryf.
Al die sagte woorde waarmee jy my soms moet troos.
Want in ons ‘rat-race’ bestaan is dit afstand wat my magneetveld verklein. Maar jy is altyd in my gebede, want jy is te kosbaar vir my.

In jou hande

My hart en siel is in jou hand se veilige greep;
ek kan myself wees en totaal oorgee aan jou,
die hoendervleis volg die lyn wat jou vinger oor my trek
By jou is die maan se sag-silver streep my lig in die donker. Vir my klink jou stem soos die oorwinningslied van die Visarend Die duining van ons dansende liggame op maat van ‘n koel somer briesie
In jou handpalm dans ek glimlaggend terwyl jou asem oor my hunkerende liggaam blaas. By jou kan ek totaal oorgee en myself wees.
Jy ken my hartsverlange, my geheime.
Oop soos ‘n helder somer dag lê my siel, bekend aan jou,
Die opwinding van ons saam wees bou op om soos lawa ‘n pad deur die mos te sny My kliphart word sag soos seesand wanneer jy net aan my raak My lewe is ‘n top verkoper liefdes verhaal:
en jy is my hoofkarakter.
Ek is dankbaar om my hart in jou handpalm te voel klop.

Op my see

Onverwags was jy net eendag daar. Twee siele wat op dieselfde golf gery het. Jou glimlag, die sterre in jou oë, die misterie rondom jou:
dit hou my steeds gevange.
Op my solo vlug, na wie weet waar, het jy my skuit kom skud.
Onverwags het die golwe stiller geword en tog was my see rowwer. Nuwe gevoelens het my binne gedring. Alles lyk nou anders. Die see om my het woestyn geword. Die vrae meer.
My siel voel skielik vasgevang tussen iets en niks.
Jy los my alleen soos jy stadig verby blits.
En ek wonder:
Waarom is jy eintlik hier verby ?
Wat is jou doel in my oop see ?
Is jy die een wat my sal kom bevry ?
En met al die vrae en wonder vergeet ek om met jou te praat. Deur al die twyfel en verwondering glip jy deur my vingers. Maar jou beeld is in my siel vasgepen;
steeds bly jy my aandster wat my rigting bepaal.

She dance to her own heartbeat

She lets her heart wander over the edge of the earth
No fear for what she don’t know
No fear for what she might find
Listening to the music of her heart,
beating to the sound of her loved one
The wind of the unknown taking her to exiting places
One day she might walk alongside the one who make her smile. From here she can see the horizon,
colorful like her dreams
The coolness of the fresh air around her fills her soul,
the volcanic ash that is in the centre of her being
She dances on the clouds of her sorrow,
makes music with the harsh words that is shouted to her face Nothing can stop her from doing the things she love so much. Her light make the darkness wait in the shadows.
She lets her heart wander over the edge of the earth
‘cause no evil will dare to follow her.
Others envy her bravery.
Her soul is free ‘cause she dance to her own heartbeat.

Verskuil

Verskuil in die privaatheid van jou siel,
versluier agter ‘n sy sagte glimlag,
jy
Omvou in sagte rondings wat ander bekoor
‘n skrefie van jou menswees sluimer in jou oë
Wat laat jou, effe skaam, glimlag ?
Wat laat jou uitbars van die lag?
Weet hy, wat jou hart in sy hande dra ?
Onbekende op jou grondpad
weet jy waarheen ?
Stap jy jou pad sonder ‘n kurk?
Regop en sonder enige kwel
of is dit kommer wat jou oë so verdof ? Of soek jy na jou eie sielsgenot ? Onbekend, net ‘n breekdeel van ‘n sekonde ontmoet my oë joue Verskuil deur jou wegstap
jy bly vir altyd onbekend aan my.
‘n vreemd’ling in jou stofpad
met ‘n eiesoortige kenmerk wat jou voetval beheer
‘n patroon wat net jy weet, waar oral al was.
Maar iets in jou oë het my vas gevang
aangegryp deur jou onbekendheid
Jy
Verskuilde siel omvou deur sagte rondings van onthou.

Onbewus

Onbewus draai jy my wêreld in ‘n ander rigting;
weg van die realiteit wat my lewe is, een kyk in my rigting laat my effe tol telkemale dwaal my gedagtes terug na jou
as ek net ‘n oomblik langer in jou oë kon kyk,
wie weet wat ek daarin sou lees.
As jou hande net een keer aan myne kon raak;
sou jy kon voel hoe my siel ontwaak ?
Sou jou lippe myne kon liefkoos en vertroetel ?
Hunkerend bewe my liggaam liggies wanneer ek aan jou dink.
My glimlag bly t’rug kom van daar waar jy staan
Jou woorde ego steeds deur die gange van my gedagtes
Jou glimlag, so eg,
jou blydskap het my onkant gevang
jou menswees het my omsingel
en nou,
nou weet ek nie waarheen

Ongekende woorde

Skielik is my siel gevul met ongekende woorde.
‘N nuwe, ou bekende, gevoel druis deur my are.
Soos die warrellende windjie wat deur die vuur aangehits word. Die liefdes woordjies spat soos vonke deur my gedagtes.
Die aanhoor van jou stem maak my warm van binne.
Elke tree saam met jou laat my bokspring soos ‘n jong bokkie.
Soos die lovergroen van ‘n nuwe grasperk nooi jou menswees my uit om myself teen jou te vlei. My dae is leeg wanneer ek sonder jou is.
My tree is stadig en sonder rigting tot ek weer van jou hoor. Soos ‘n wolkombers verwarm jy my eensame en koue aande.
Jy vul my siel met opwindende woorde wat my dankbaar maak dat ek nog lewe.

Op jou oewer

Verlore in die voetpad wat deur jou binneste loop.
Droomverlore sit ek nog op die oewer van jou rustige stroompie. My siel roep na jou.
My hele wese ruk en pluk aan my lyf. Maar ek is hier omvou deur die koue kantoor. Die enigste voëlgesang kom as iemand se ringtone.
En ek moet aan beweeg.
Myself uit jou plantasie losskeur.
Maar ek wil nie want op die ou end is dit waar ek wil wees. By jou.
In jou vergetelheid.
Onder jou blaredak.
Op jou lowergroen matras.
Omring deur God se wonderkunswerke. Omring deur God se geraas wat vir soos stilte klink.
Woorde wat op die wind na my sweef. Een word met my vingerpunte en die letters op die keybord. Ek wil vry wees langs jou waterstroompies.
Ek verlang terug na die kort oomblik in jou arms.

Net jy

Alleen met my gedagtes.
Tussen die woorde van ‘n lied en die werklikheid bly ek rusteloos. Ek verlang na jou stem wat altyd so sag met my praat.
Ek mis jou aanraking in ‘n closedance. Alleen met net my gedagtes. En jy… Mis jy my intense kyk.
Sien jy nog my heupe voor jou swaai, uitdagend wanneer jy ons lied hoor. Droom jy nog van my wanneer die maan so helder skyn.
Of roep jy sag my naam wanneer die eerste sonlig die horison begin kleur. Net jy, my lief, sal weet wat ‘n enkele reëndruppel teen ‘n ruit vir jou beteken. Of aan wie jy dink as jy ‘n rooi hartjie sien.
Vir my is ‘n arend wat hoog en vry vlieg ‘n simbool van jou menswees. Vir my is jy maar net my gedagtegang wat my warm hou op koue winter nag.