Dis die jaar 2030. Ek word wakker met ‘n ruk. Wat het my wakker gemaak? Daar hoor ek dit weer… Dis ‘n sirene wat afgaan… Die gebou om my begin weer skud. Is dit ‘n aardbewing? Dit kan nie oorlog wees nie, hoop nie so nie. Ek kyk om my rond. Ek het maar so ‘n paar maande gelede na hierdie planeet verhuis. Saam met my man en baba-seun. Ons moes kies… bly op die planeet Aarde en word vernietig, of begin ‘n nuwe lewe op Sarsus, ‘n planeet in die Orr sterrestelsel, sowat vyf ligjare verwyder van die Aarde af. Dinge het begin uitmekaarval op Aarde. Die mense het oorlog teen mekaar gemaak, mekaar sonder om oog te knip doodgeskiet as jy net verdag lýk.

Hulle het net verkose gesinne die keuse gegee. Dié wat hulle na vele toetse en navrae uitgevind het die beste sal wees om met ‘n nuwe kolonie op Sarsus te begin. Dit sal ons verantwoordellikheid wees om die nuwe planeet te bewoon en te bewerk en te ontgin. Almal wat gekies is, het ‘n spesifieke doel… jy is gekies op jou vrugbaarheid, jou professie, jou gekose leefspan, jou deursettingsvermoë.Ek is gekies omdat ek reeds ‘n baba het, ek is ook ‘n binneshuisversierder, en ek is kreatief. My man weer is gekies omdat ons reeds ‘n paartjie is en omdat hy die hoof van ‘n sekuriteitsbesigheid was op Aarde, maar sy kennis sal help op Sarsus. Hy is gedetimineerd, streng, en laat hom nie omkoop of van plan wysig tensy dit as ‘n beter uitweg gebruik kan word nie. Diė wat onder hom gaan wees, gaan hom bystaan met die inligting en tegnologie van gevorderde sekuriteit, iets wat dringend nodig is op Sarsus omdat dit so eenders soos Aarde is, met die verskil dat dit reeds bewoon word deur inboorlinge van die planeet.
Lees verder http://afrifiksie.com/die-oorname-anke-norris/

Nuus – 2015 UJ -Pryse beskikbaar as eBoeke

Tuis » Nuus » 2015 UJ -Pryse beskikbaar as eBoeke

2015 UJ -Pryse beskikbaar as eBoeke

14 Apr 2015

Willem Anker is pas aangewys as die wenner van die 2015 UJ-Prys vir sy grensroman, Buys, en Stephanus Muller wen die 2015 UJ-debuutprys vir Nagmusiek.

Anker, wie se jongste roman die resultaat is van die Jan Rabie Marjorie Wallace-skryfbeurs wat hy in 2012 ontvang het, is al voorheen deur die Universiteit van Johannesburg bekroon vir sy debuutroman,Siegfried. Hy het hierdie prys in 2009 ontvang. Buys is die verhaal van Coenraad de Buys – die gevaarlikste man in die Kolonie. ‘n Droster. ‘n Legende.

Muller se nou bekroonde debuut is ‘n unieke bydrae tot die literêre kanon – deels Engels, deels Afrikaans en deels fiksie, deels biografie. Dit is ‘n akademiese werk oor die lewe van die Afrikaanse komponis Arnold van Wyk waarin die skrywer/biograaf se eie wese verstrengel raak met sy onderwerp. Dit stel ondersoek in na die komplekse verhouding tussen feit en fiksie.

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van genres heen, toegeken. Die pryse is die UJ-debuutprys vir die beste kreatiewe debuut in Afrikaans (met ’n prysgeld van R30 000) en die UJ-prys vir die beste kreatiewe teks in Afrikaans (met ’n prysgeld van R75 000).

Titels wat in aanmerking vir die UJ-pryse kom is Afrikaanse kreatiewe tekste gepubliseer in die voorafgaande kalenderjaar. Vir die 2015 UJ-pryse is altesaam 56 titels is ingeskryf, waaronder 18 debute.

Die keurpaneel verteenwoordig lesers in Afrikaans betrokke by akademiese instellings en die media.*

Dit is ’n groot voorreg en ’n groter plesier vir die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg om hiermee graag die wenners van die 2015 UJ-pryse bekend te maak. Uiteraard ons gelukwense van harte en met groot erkenning en dank aan die twee skrywers wat bekroon word, maar ook so aan die skrywers wie se werk uitgesonder is deur die kortlyste.

via Nuus – 2015 UJ -Pryse beskikbaar as eBoeke.

Nuus – Uittreksel uit Die Oshikuku Insident

http://myafrikaans.com/die-oshikuku-insident.html

Die plakkaat hang skeef teen ’n lamppaal voor die hofgebou.

Hein stap agter Helga teen die trappe op en kyk na die swart en wit foto van sy pa. Onder sy gesig het iemand ‘n stokkieslyf met ‘n viltpen ingeteken. Bloed drup van sy vingerpunte af. ‘n Hitler snor pryk op sy bolip.

Hy en Helga het nie kans gekry om te praat sedert sy gister saam met sy ouers en André opgevlieg het nie. Hy het gehoor Botha is steeds soek. Die polisie reken hy kan landuit wees. Hein het haar e-pos uit sy kop gesit. Daar is nie meer tyd om weer deur die hele proses te worstel. Sy keuse is gemaak. Dis te laat vir omdraai.

Polisiemanne met oproerhelms en lang knuppels beman die spasie tussen die twee groepe oproerige ondersteuners. Vier mense hou ’n rooi banier vas met die woorde.

‘Shoot the Racist Bastard’

Die skare aan weerskante van die lemmetjiesdraad strek tot verby die volgende straatblok. Kaptein Smit se vyande beskou sy versuim om homself te verdedig as ’n skulderkenning en hulle soek wraak. In die oë van sy ondersteuners is hy ’n martelaar, uitgelewer aan die genade van dieselfde regstelsel wat toegelaat het dat Shabir Shaik sy tronkstraf op die gholfbaan deurbring.

In die dagblaaie is wild bespiegel oor die motief agter die besluit. Een joernalis glo die bewerings is so verregaande en ongegrond, dat ‘n verweer oorbodig is. Ander soek die antwoord in Steve Smit se karakter. Hier is ’n man wat nie bereid is om die skuld op ander te pak om sy eie bas te red nie. ’n Les vir ons almal in hierdie tye waarin mense nie meer die morele moed het om verantwoordelikheid vir hulle dade te aanvaar nie.

via Nuus – Uittreksel uit Die Oshikuku Insident.

eBoeke

Geniet ons versameling eBoeke!

eBoeke het ‘n positiewe invloed op die Afrikaanse boekmark danksy lesers wat dit as ‘n gerieflike alternatief ervaar. Veral  lesers wat buite Suid-Afrika of  in ‘n gebied woon waar boeke moeilik bekombaar is verkies eBoeke.

MyAfrikaans.com het gereelde Nederlands- sprekende klante van Vlaandere en die Nederlandse vertalings van Deon Meyer se boeke is blitsverkopers in Nederland.

Kliek hier vir inligting oor hoe om die eBoek te lees.

via eBoeke.

Die Oshikuku Insident

http://myafrikaans.com/die-oshikuku-insident.html

Die plant van landmyne was deel van SWAPO se terreurstrategie. Honderde plaaslike inwoners en Suid-Afrikaanse soldate is dood as gevolg daarvan.

Maar, as SWAPO terroriste die myn geplant het, wat het die Suid-Afrikaanse soldate op die toneel gedoen? Kan dit toeval wees?

Vir bykans twintig jaar is daar geen reaksie nie. Totdat ʼn oud-soldaat selfmoord pleeg pas nadat hy die berig gelees het en die vraag laat ontstaan; Was hy daar? Het hy iets geweet? Hoeveel ander middeljare mans, oud dienspligtiges en professionele soldate dra kennis van die Oshikuku Insident?

Meer oor die skrywer: Wikus Venter is in 1958 in Johannesburg gebore. Matrikuleer op Bronkhorstspruit en sluit by die staande mag aan. Gedurende die tydperk (sestien jaar) behaal hy die graad BA in Krygskunde aan die Militêre Akademie op Saldanha en later die graad BA Honneurs in Geskiedenis aan UNISA. Hy doen diens as infanterie-offisier by eenhede in die Republiek en in die operasionele gebied (destyds Suidwes-Afrika) en neem deel aan verskeie oorgrens-operasies in Zambië en Angola. Verlaat die weermag in 1992 en is tans ’n sakeman en boer in die Bronkhorstspruit omgewing. Hy is getroud en het twee dogters.

via Die Oshikuku Insident.

OORLOG

Helwit son laser

deur gryswit groewe

van vry wil

vergrou bolrond in jou oë

strak die kleur

van My heilige pyn

en stysel nóg ‘n kyk

teen taai kimlyne vas

jou lewe

kreupel en mat

die somer van toeka

wat ligvoet kon trap

krenk My volmaaktheid

laat adel vergaan

in jou dans

in die dans wat jy dans

dans die waansin

dans die waansin die dans

met jóú skoene aan

Nuus – Gee ‘n boek/ eBoek vir Kersfees

Hallo, almal, dis Rachelle du Bois.

Julle begin seker al dink aan Kersfees en die geskarrel vir die regte geskenk vir elkeen van jul geliefdes. Ek het gedink daaraan dat ‘n boek altyd ‘n waardevolle geskenk is vir ‘n mens vol leeslus, en veral ons vroue wat so graag ‘n uurtjie afknyp om te lees as manlief rugby kyk, of as jy jouself onverwags alleen tuis bevind op ‘n Saterdag of Sondag.

Daarom maak ek ‘n paar voorstelle van gawe boeke vir Kersfees. Ek heg ‘n bladsy hierby aan waarop die boeke se name verskyn saam met’n kort beskrywing van elke boek. Klik op enige van die skakels vir meer inligting.Gee ‘n e-boek as geskenk vir daardie vriendin of vriend ja, mans lees ook romanse! wat vir jou baie beteken. Dit kan direk op haar/sy rekenaar of elektroniese leser iPad ens afgelaai word.

Jy is ook welkom om my Afrikaanse webblad by http://rachelledubois.com te besoek vir lekkerlees blogs en inspirasie.

Kom gesels saam op my webblad. Sluit aan by hierdie gemeenskap van lesers en veral van Afrikaans leesgieriges.Rachelle du Bois

via Nuus – Gee ‘n boek/ eBoek vir Kersfees.

Nuus – Uittreksel: Hoofstuk 1 Simson #eBoek

 

Uittreksel

Hoofstuk 1 Simson

Dit is so – dit kan nie anders nie.1Simson sit voor sy hut. Die trane vloei vrylik. Hy lyk ouer as wat hy is. Sy oë sit diep in sy oogkaste, sy mondhoeke bewe onbeheers, sy lippe is saamgepers. Simson se uiterlike is nie versoenbaar met sy innerlike nie. Hy lyk sleg – hy is ‘n jong seun met ‘n stukkende siel en ‘n gebroke hart. Dae se opgekropte emosies is stadig maar seker besig om die oorhand te kry.Dit is drukkend warm en daar is ’n traagheid in die lug. Dit is erg dynserig in die hitte. Die Masingaberge is nie vandag sigbaar nie. Die berge, gewoonlik so blou, is nou net grys, dowwe buitelyne. ’n Dreigende atmosfeer hang oor die hele gebied.Die hutte in die kraal lyk soos miershope wat deur ’n aardvark besoek is: verweerd, eintlik haglik. Sulke miershope het almal ’n gat aan die oostekant. Die hut van sy pa en ma is leeg. Die een helfte van die dak het aan die oostekant halfpad ingeduiwel. Net die deel by die deur staan nog, daar waar die twee pare bulhorings onder mekaar vasgemaak is. Die brommers pak om die onderste paar horings saam. Dit is vars – slegs twee dae oud. Die horings van die bul wat geslag is vir sy ma se begrafnis.Hutte wat eens die trots van die gesin was: netjies, met spierwitgekalkte mure. Een hut vir sy pa en ma, een hut vir die kinders, een hut wat gebruik word as stoorplek, een hut wat dien as gastekamer en een hut as kombuis. In haar laaste dae het sy ma in die gastehut geslaap. Simson het aangebied om haar en sy pa se hut reg te maak, maar sy het geweier. Sy het gesê alle mense is gaste op aarde, en sy is op pad na haar Skepper toe. Sy het geweet haar einde is naby.Hy staar na die hoop vullis wat nie begrawe is nie. Pa was te swak, toe was Ma te swak, en soos die vullishoop gegroei het in hoogte, so het sy moeilikheid gegroei. Hy sien hoe ’n paar leë plastiekbottels van die bopunt van die hoop omval en afrol tot op die grond. Die beeskraal is leeg, die bokkraal is leeg. Sy siel is leeg. Dan staar hy na die gr

via Nuus – Uittreksel: Hoofstuk 1 Simson #eBoek.

via Nuus – Uittreksel: Hoofstuk 1 Simson #eBoek.

Nuus – Tweede boek gratis – Jaco Jacobs

Gratis Boek van Jaco JacobsKoop ‘n eBoek van Jaco Jacob en staan ‘n kans om ‘n tweede titel van die skrywer gratis te ontvang by Lapa.Jaco Jacobs se tienerboek Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word op die kortlys is vir die filmafdeling van vanjaar se kykNET-Rapport Boekpryse. Dit is ’n enorme eer en Jaco s’n is die enigste jeugboek op enige van die lyste; die res is almal volwasse tekste.Kopers van ‘n eBoek van Jaco Jacobs by myAfrikaans.com  gedurende Oktober sal outomaties vir hierdie kompetisie ingeskryf word.

via Nuus – Tweede boek gratis – Jaco Jacobs.