SelfPub South Africa

The January 2015 report on author earnings is enough to make most authors sit up and pay attention to the Amazon publishing machine. Headlines like 33% of eBook sales from Amazon.com are indie (self-published) authors or 40% of all dollars earned by authors on eBook sales from Amazon.com are earned by Indie authors all highlight the gradual shift away from the pure traditional publishing paradigm and highlight the success that can be achieved by authors not afraid of learning or experimenting with self-publishing.

http://www.myebook.co.za/south-african-authors-should-we-give-a-damn-about-self-publishing-on-amazon-com

Die Oshikuku Insident

http://myafrikaans.com/die-oshikuku-insident.html

Die plant van landmyne was deel van SWAPO se terreurstrategie. Honderde plaaslike inwoners en Suid-Afrikaanse soldate is dood as gevolg daarvan.

Maar, as SWAPO terroriste die myn geplant het, wat het die Suid-Afrikaanse soldate op die toneel gedoen? Kan dit toeval wees?

Vir bykans twintig jaar is daar geen reaksie nie. Totdat ʼn oud-soldaat selfmoord pleeg pas nadat hy die berig gelees het en die vraag laat ontstaan; Was hy daar? Het hy iets geweet? Hoeveel ander middeljare mans, oud dienspligtiges en professionele soldate dra kennis van die Oshikuku Insident?

Meer oor die skrywer: Wikus Venter is in 1958 in Johannesburg gebore. Matrikuleer op Bronkhorstspruit en sluit by die staande mag aan. Gedurende die tydperk (sestien jaar) behaal hy die graad BA in Krygskunde aan die Militêre Akademie op Saldanha en later die graad BA Honneurs in Geskiedenis aan UNISA. Hy doen diens as infanterie-offisier by eenhede in die Republiek en in die operasionele gebied (destyds Suidwes-Afrika) en neem deel aan verskeie oorgrens-operasies in Zambië en Angola. Verlaat die weermag in 1992 en is tans ’n sakeman en boer in die Bronkhorstspruit omgewing. Hy is getroud en het twee dogters.

via Die Oshikuku Insident.

Nuus – Gee ‘n boek/ eBoek vir Kersfees

Hallo, almal, dis Rachelle du Bois.

Julle begin seker al dink aan Kersfees en die geskarrel vir die regte geskenk vir elkeen van jul geliefdes. Ek het gedink daaraan dat ‘n boek altyd ‘n waardevolle geskenk is vir ‘n mens vol leeslus, en veral ons vroue wat so graag ‘n uurtjie afknyp om te lees as manlief rugby kyk, of as jy jouself onverwags alleen tuis bevind op ‘n Saterdag of Sondag.

Daarom maak ek ‘n paar voorstelle van gawe boeke vir Kersfees. Ek heg ‘n bladsy hierby aan waarop die boeke se name verskyn saam met’n kort beskrywing van elke boek. Klik op enige van die skakels vir meer inligting.Gee ‘n e-boek as geskenk vir daardie vriendin of vriend ja, mans lees ook romanse! wat vir jou baie beteken. Dit kan direk op haar/sy rekenaar of elektroniese leser iPad ens afgelaai word.

Jy is ook welkom om my Afrikaanse webblad by http://rachelledubois.com te besoek vir lekkerlees blogs en inspirasie.

Kom gesels saam op my webblad. Sluit aan by hierdie gemeenskap van lesers en veral van Afrikaans leesgieriges.Rachelle du Bois

via Nuus – Gee ‘n boek/ eBoek vir Kersfees.

Nuus – ‘n Mooi dag

Nellie Sophia Blignaut het spesiaal vir ons ‘n skets geskryf oor haar troudag

“Ek is Nellie Sophia Blignaut, gebore Lessing. Ek skryf graag want ek skilder met woorde, en gee ook sò uiting aan my emosies en waarnemings. Ek skryf al meer as 30 jaar, maar het eers sowat ‘n jaar gelede my skrywes na die ope gebring. Verder skilder ek graag met kwas en olieverf.

Ek is gekies vir die bundel ‘Insirasie Vol 2’, wat op 2 Nov moet verskyn. Ons is 23 skrywers wat gekies is om saam aan dit te skryf. Die bundel se doel is om mense te inspireer.

Dan is ek ook gekies om saam aan hul Geestelike dagstukkie-bundel te skryf, wat DV op 1 Des sal verskyn.

Ek woon aan die voet vd Waterberge, en vind baie inspirasie in die stilte en natuurskoon om my. Ek skryf graag oor ware gebeure. Soms is my skrywes diep, maar ek het ook baie humoristiese verhale om te vertel.”

‘n Mooi dag

Vandag, presies twee-en-twintig jaar gelede, het ‘n slanke, stralende, dog ietwat senuagtige bruid, die gangetjie af gestap na die preekstoel, tussen die rye en rye kerkbanke deur. In haar hande het sy ‘n helderkleurige bos blomme vasgehou. Daar was rose, angeliere, St Joseph-lelies, irisse, katjiepierings, en nog vele ander fyner blommetjies in. Haar gryse pa, al in sy sewentigs, het langs haar gestap; sy hand liggies op haar elmboog. Die troumars het haar treetjie vir treetjie nader gebring aan haar bruidegom, wat met vonkelende oë voor in die kerk gestaan en wag het. In haar goudkleurige krulhare, wat skouerlengte was, was ‘n blommekrans wat ooreenstemmend met haar handruiker was.Haar ivoorkleurige bruidsrok was nousluitend, en het die skraal figuur opvallend beklemtoon. Sagte valle het ondertoe uitgeklok. Die borsstuk was geborduur met fyn kant en kraletjies wat soos pêrels gelyk het. Die indrukwekkende moue was vooraf fyn  beplan, volgens die bruid se eiesoortige smaak. Dit was ‘n pragstuk van ‘n bruidsgewaad.

Voor in die kerk het haar gryse pa, haar sagte dun sluier, wat haar gesig verberg het, stadig en versigtig opgelig, haar gekus, en aan haar toekomstige man oorhandig.Sy was totaal onbewus daarvan dat sy twintig minute laat was. Die horlosie in die kerk se wysers was met twintig minute terug gedraai, en haar broer wat die troukar bestuur het, het eers ”n paar draaie deur die dorp’ met haar gery.

Die onthaal was op haar ouers se plaas gehou, onder die skuur se dak. Die atmosfeer was ontspanne, en die meeste gaste het gemakliker klere gaan aantrek. Haar sewe broers en drie swaers, het die vure gestook en die vleis gebraai. Die arme bruidegom het erg deurgeloop onder die tien nuwe swaers, toe hy probeer het om te ‘speech.’ Dit was voorwaar ‘n gesellige oor en weer geskerts.

Later het almal verskuif na een van die ‘klaskamers’. Dis hier waar die vars tabakblare altyd gesorteer, geklas en op stokke gevleg is, sodat dit ‘droog-oonde’ toe kan gaan.

via Nuus – ‘n Mooi dag.

via Nuus – ‘n Mooi dag.

Nuus – Uittreksel: Hoofstuk 1 Simson #eBoek

 

Uittreksel

Hoofstuk 1 Simson

Dit is so – dit kan nie anders nie.1Simson sit voor sy hut. Die trane vloei vrylik. Hy lyk ouer as wat hy is. Sy oë sit diep in sy oogkaste, sy mondhoeke bewe onbeheers, sy lippe is saamgepers. Simson se uiterlike is nie versoenbaar met sy innerlike nie. Hy lyk sleg – hy is ‘n jong seun met ‘n stukkende siel en ‘n gebroke hart. Dae se opgekropte emosies is stadig maar seker besig om die oorhand te kry.Dit is drukkend warm en daar is ’n traagheid in die lug. Dit is erg dynserig in die hitte. Die Masingaberge is nie vandag sigbaar nie. Die berge, gewoonlik so blou, is nou net grys, dowwe buitelyne. ’n Dreigende atmosfeer hang oor die hele gebied.Die hutte in die kraal lyk soos miershope wat deur ’n aardvark besoek is: verweerd, eintlik haglik. Sulke miershope het almal ’n gat aan die oostekant. Die hut van sy pa en ma is leeg. Die een helfte van die dak het aan die oostekant halfpad ingeduiwel. Net die deel by die deur staan nog, daar waar die twee pare bulhorings onder mekaar vasgemaak is. Die brommers pak om die onderste paar horings saam. Dit is vars – slegs twee dae oud. Die horings van die bul wat geslag is vir sy ma se begrafnis.Hutte wat eens die trots van die gesin was: netjies, met spierwitgekalkte mure. Een hut vir sy pa en ma, een hut vir die kinders, een hut wat gebruik word as stoorplek, een hut wat dien as gastekamer en een hut as kombuis. In haar laaste dae het sy ma in die gastehut geslaap. Simson het aangebied om haar en sy pa se hut reg te maak, maar sy het geweier. Sy het gesê alle mense is gaste op aarde, en sy is op pad na haar Skepper toe. Sy het geweet haar einde is naby.Hy staar na die hoop vullis wat nie begrawe is nie. Pa was te swak, toe was Ma te swak, en soos die vullishoop gegroei het in hoogte, so het sy moeilikheid gegroei. Hy sien hoe ’n paar leë plastiekbottels van die bopunt van die hoop omval en afrol tot op die grond. Die beeskraal is leeg, die bokkraal is leeg. Sy siel is leeg. Dan staar hy na die gr

via Nuus – Uittreksel: Hoofstuk 1 Simson #eBoek.

via Nuus – Uittreksel: Hoofstuk 1 Simson #eBoek.

Tablet Growth Disappoints in First Half 2014, iPad Sales Down, Samsung up | Digital Book World

The 200 million annual shipments milestone for branded tablets continues to elude OEM vendors and overall growth for 2014 is set to come in at a disappointing 2.5%.

Apple and Samsung continued to lead branded vendors in unit share during 1H 2014 although with mixed fortunes. Even though the top two branded tablet suppliers combined for nearly 70% of all shipments, Lenovo and Intel are increasingly being seen as the next growth engines for the wider tablet ecosystem.Apple iPad units were down 13% while Samsung units were up about 26% year-over-year in the first six months of the year. “The roller coaster ride from the leading two tablet vendors has market watchers looking to other vendors to create sustainable growth,” says senior practice director Jeff Orr. “All eyes are on Lenovo as it is one of few to demonstrate consistent growth over the past year.”Within the tablet supply chain, Intel continues to show progress toward its goal of 40 million devices powered by its processors in 2014. While many tablets will come out in non-branded models, 2014 looks to be the tipping point for Intel’s mobility processor strategy. The company has also set up market-specific relationships that should propel it forward during 2015. “Forty million units is only a minor dent in ARM’s domination of tablets, though Intel is quickly becoming a formidable applications processor architecture

via Tablet Growth Disappoints in First Half 2014, iPad Sales Down, Samsung up | Digital Book World.

 

Before You Make a Fixed-Layout Ebook: Five Things to Watch Out For | Digital Book World

For starters, are you sure?

Publishers aren’t yet convinced that the format is much more than a niche market. But as technology evolves and ebook developers get better at producing more sophisticated FXL EPUB content more efficiently, change could soon be nearer at hand.Fixed-layout is a complex, print-replica format designed primarily to accommodate children’s picture books, manga and digital comics.

That lineup could expand with the latest update to the Adobe Creative Cloud version of InDesign the 10.0.0.70 build, released this June. The feature will allow a much broader range of publishers to create ebooks from complex print layouts.

Previously, ebook developers relied on InDesign plug-ins in order to create the HTML and CSS needed to build an FXL EPUB, but InDesign has almost completely erased any need for those with its new export feature, which now creates pixel-perfect fixed-layout EPUBs from complex print layouts. In addition to making fixed-layout production easier for experienced ebook developers, it could also open the door to more print designers experimenting with digital content.But publishers, designers and ebook developers looking to take advantage of the new feature and plan for the next generation of illustrated digital content will have a few kinks to work out first. Here are five of them:The code produced by this export positions text on a word-by-word basis.

This makes for fairly ponderous, hard-to-edit code.Everything on the layout page is exported based on the order of items according to the z-index. Complex pages will have many pieces, some of them overlapping, and not necessarily in a logical reading order.Images with transparency won’t export as expected.Some typography practices are not EPUB-supported and so won’t export at all.

Hyperlinks aren’t exporting at all at the moment.

Fortunately, none of these challenges are insurmountable, and resolving them can lead to a great wealth of new digital content.

via Before You Make a Fixed-Layout Ebook: Five Things to Watch Out For | Digital Book World.

via Before You Make a Fixed-Layout Ebook: Five Things to Watch Out For | Digital Book World.

Die bedryf van ’n aanlyn digkunsakademie – Nini Bennett | LitNet

Tien maande gelede is daar ’n behoefte geïdentifiseer aan ’n aanlyn model vir die onderrig van skeppende poësie en literatuurstudie op die sosiale media.

Talle gebruikers van Facebook bevind hul binne die virtuele wêreld van sosialisering, en naas die oplaai van grafika en die deel van persoonlike inligting en belangstellings het daar ook subgroeperinge op blaaie begin ontstaan waar gebruikers poog om gedigte te skryf. Dié skrywes het eerstens ten doel om te sosialiseer, en moenie met letterkunde verwar word nie. Onder die digtersgemeenskappe is daar wel individue wat werklik ’n belangstelling toon om meer van die vaardighede van skeppende digkuns en literatuurstudie te leer. Binne die toenemende paddastoel-effek wat die steeds groeiende digblaaie en talle ondersteunersblaaie vir skrywers tot gevolg het, voel van dié individue hulle ook vervreem van die huidige kanon. Hulle besware is onder meer dat werkswinkels dikwels ontoeganklik is om logistieke redes en dat universiteits­onderrig duur of buite bereik bly. Hier speel toelatingsvereistes ook ’n rol. Daar bestaan wel aanlyn kursusse wat skryfgeheime belowe, maar die deelnemers vind nie wesenlik baat daarby nie. Laasgenoemde is soms dun om die lyf en blitskursusse lewer nie noodwendig blywende resultate nie. Soos in enige bedryf word niksvermoedende aspirantskrywers soms uitgebuit.

As deel van die sosiale media het Facebook die bykomende voordeel dat ’n deelnemer hom- of haarself in enige plek in die wêreld kan bevind en steeds die voordele van so ’n aanlyn model kan geniet.

2. Die CN-digkunsakademie as ’n aanlynmodel

Die CN-digkunsakademie is geloods as eksperiment op Facebook. ’n Studiegids bestaande uit ongeveer 160 bladsye is doelgemaak saamgestel, en bestaan uit vyf modules. Bekende/gevestigde uitgangspunte rondom skeppende skryfwerk vind ook neerslag in die studiegids (byvoorbeeld soos vervat in die werk van Ruth Padel, Jay Parini en Camilla Paglia asook in die bekende The intimate art of writing poetry van Ottone M Riccio). Die studiegids is geskep as wye model wat skeppende denke rondom digkuns aktiveer, en andersyds die deelnemers leer om kritiese lesers van poësie te wees. In dié modellering word daar gefokus op die onderrigmodel van John Singleton.

Die deelnemers word opgelaai op private Facebook-groepsblaaie, wat as virtuele lesinglokale funksioneer.

Die kursus beloop altesaam vyf maande (een module per maand), en deelnemers ontleed verskeie standpunte van beide die mentors en die res van die deelnemers se portuurgroep. Gedetailleerde besprekings van werkstukke vorm deel van die steeds groeiende kennisbasis, en as onderrigmodel plooi die kursus ook om na die individuele behoeftes van deelnemers om te sien. So word lesings interaktief voorberei en aangebied na aanleiding van die vrae van deel­nemers. Naas evaluering deur mentors, speel self- en portuurevaluering ook ’n belangrike rol. Die digakademie het verskillende blaaie wat reeds dormant is (blaaie waar die deelnemers die kursus met sukses voltooi het), maar wat steeds sinvol as virtuele studieruimtes geargiveer word.

Die funksies van die Facebook-groepsblaaie as gratis alternatief teenoor modelle vir e-onderrig, byvoorbeeld Blackboard, Canvas en Moodle, is ondersoek. Die lêer-funksie is veral nuttig, omdat dit boeke (in byvoorbeeld .pdf- en .docx-formaat), video’s en skakels na ander webwerwe as studiemateriaal kan berg. Die funksionering van die digakademie word ook deurlopend geëvalueer deur senior akademici en gevestigde digters en literatore wat die plasings oorhoofs volg. Na afloop van die kursus word die deelnemers geëvalueer en gemodereer volgens die kriteria van ’n geakkrediteerde uitkomsgebaseerde model (tot dusver is nog nie by SAQA aansoek gedoen om akkreditasie nie, omdat die program nog in ’n proeffase is). Die finale uitset van die kursus is ’n werkswinkelblad waar digters hulle kritiese en kreatiewe vaardighede wat hulle tydens die kursus opgedoen het, toepas in die skeppende skryf en slyp van nuwe skryfwerk en waar deelnemers mekaar ondersteun in die afronding van hulle poësie.

via Die bedryf van ’n aanlyn digkunsakademie – Nini Bennett | LitNet.

4 Ways to Build Your Thought Leadership #eBooks

Ebooks

These are great for building your personal and professional brand. But they have to be handled correctly. You don’t want to write an ebook for the sake of writing one. The ebook should be well thought-out and should provide actionable solutions for common problems in your industry. You also don’t want to regurgitate simple solutions that have already been covered ad nauseum by others. Instead, give innovative solutions and really dig deep into your bag of tricks. Don’t fret that you’re giving away your secrets. Ideas are cheap. It’s in the execution of the ideas where the real value lies. So, give freely and your customers will return to you time and again for more knowledge or to have you perform your services for a fee.

via 4 Ways to Build Your Thought Leadership.

What we can learn from Byliner » MobyLives

July 9, 2014

What we can learn from Byliner

by Kirsten Reach

Byliner, a company that published longform journalism and stories using a subscription model, is in dire straits. Its CEO is leaving and the company seems to be looking for a buyer. Laura Hazard Owen has a piece up at Gigom about whether the issue is with the company or the model.

At $5.99 a month, Byliner set an ambitious price point for a new publishing company. It was able to pay its authors advances (several mentioned were around $2,000) and envisioned a bigger reach when it set out with $1 million in 2011. A few weeks ago, Byliner’s CEO left, and the company sent an email to its authors to say the company was looking to find “a new home” for the stories it publishes.

via What we can learn from Byliner » MobyLives.