Die spoor na haar

ek vind op eensame nagte
op die kaart van my gedagte
nog altyd duidelik die spoor
na haar wat ek onverwags verloor

Advertisements

Hulpkreet van ‘n goudvis

‘n goudvis in sy glasbak
wat deur ‘n meisie van tien
saamgebring is na die see
sodat hy dit kan sien

terwyl die meisie
vrolik speel en lag
op die grote strand
op hierdie warme dag

en geniet van elke skulp
skreeu hy in sy glasbak
onhoorbaar om hulp

want in die sand naby die oseaan
is sy vryheid so naby
maar tog so ver van hom vandaan

Gebed

Heer reik my U hand
waaraan ek kan vashou
as ek wegsink in die dryfsand
van my eie probleme.
Heer help my by die afdroog
van elke gestorte traan
as ek my eensaam voel of hartseer
sodat ek weer na U kan gaan.

Heer gee my dag en nag
ten spyte daarvan dat ek faal
die deursettingsvermoë en krag
sodat ek my doel behaal.
Heer bly aan my sy
moet my nooit verlaat
en bevry my van slegte tye
sodat ek weer na U kan gaan.

Heer gee my U seën
en aan elkeen wat tot U bid
dan kan ons bymekaar wees
wanneer tye moeilk raak.
Heer gee my U trooswoorde
laat dit deur almal verstaan word
en help om hul verdriet te oorkom
sodat hulle weer na U kan gaan.

Ons gesprek

My liewe Afrikaanse vriendin
bly met my klets
want ek geniet die prentjies
wat jou woorde skets

as jy met liefde vertel
oor jou mooie land
sien ek die grote see
die skulpies en die strand

die hoë berge
met hulle pragtige uitsig
die rivier wat glinster
in die goue sonlig

die bome, die bonte blomme
die diere, die huisies en elk mens
eendag kuier in jou mooie land
saam met jou dis alles wat ek wens

Beskryf

Hoe beskryf ek:
die stories van die wind
die wêreld wat ek sien
in die oë van ‘n kind

Hoe beskryf ek:
‘n roos wat blom of die geur
die skoonheid waarmee
die kantelson die lug kleur

Hoe beskryf ek:
die geluid van die see
of die grootte van die leegte
sonder jou stem op RSG

Want jou palet van woorde
elk met sy eie klankkeur
hulle skilder so reg
wat in jou stories gebeur

Die woorddanseres

sy kan ineens verskyn
As jy nie aandag gee
Tussen smal lyne
Wat op papier gesit is

soos ’n koorddanser
In die sirkus op hoë koorde
Dans die woorddanseres
Op die ritme van woorde

sierlik vanaf die begin
tot die einde van die gedig
in iedere geskrewe sin
met ’n glimlag op haar gesig

totdat die woorddanseres besluit
haar dansskoentjies uit te skop
dan rus sy ‘n bietjie in die tussenreëls
waar sy lekker wegkruipertjie kan speel

‘N gedig vir jou

Hoe dikwels sit ek hier
agter my skryfburo
met ‘n leë vel papier

Met my woorde in ‘n kluit
soek ek met plesier
die allermooiste uit

Ek wik en weeg
maar skryf as dit moet
al my penne leeg

Want ek hou aan
tot daar ‘n gedig
vir jou op papier geskryf staan

Jy sal dit geniet, absoluut
en as jy dit nie mooi vind nie
dan begin ek môre opnuut